Wie is ons? 

Wapadrand Voortrekkers is deel van 'n nasionale kultuurorganisasie vir die jeug wat Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbare Leierskap bevorder. Ons is geleë in die ooste van Pretoria en word gevoed deur verskeie skole, spesifiek Laerskool Constantiapark, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Garsfontein. Wapadrand Voortrekkers trek egter ook meer en meer lede vanuit die breër Pretoria-Oos, sowel as leerders uit die tuisonderrig-geledere en van kleiner skole in die omgewing. Die Voortrekkers bied aan jongmense die geleentheid om lewensvaardighede deur middel van kultuur en avontuur in die natuur, te ontwikkel.

Wat bied die Voortrekkers? 

Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur.

Deur dié metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol dienbare leiers vir môre ontwikkel.

 Die uitkomste van Die Voortrekkers se leierskapsontwikkeling is selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan.

Hiermee VAT Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.

Geakkrediteerde Opleiding

Kursusse, Spesialisasies en Avontuuraktiwiteite word deur kenners aangebied en voldoen aan streng riglyne

Avontuur in die Natuur

Die Voortrekkers bied ’n groot verskeidenheid avontuuraktiwiteite in die natuur. Boogskiet, Perdry, Rotsklim, Hengel, Staptoere – die lys hou aan!

Leierskapontwikkeling

Die Voortrekkers streef na die ontwikkeling van jong leiers. 

Erkenning en Toekennings

Die Voortrekkers vier elke lid se prestasies en bied menige toekennings vir besondere dienslewering en leierskap. 

Spanleierskap en Spanwerk

Die Voortrekkers bevorder elke lid se samewerking in spanverband en skep geleenthede waar leierskap binne-in 'n span toegepas kan word. 

Toepassing van Christelike Waardes

Die Voortrekkers is gevestig op Christelike waardes en skep geleenthede on Christelike waardes toe te pas. 

Landswye Netwerk van Vriende

Voortrekkerkampe heg nuwe vriendskappe met Voortrekkers uit verskillende dele van Suid-Afrika en Namibië.

Moderne Afrikaanse Kultuurervaring

Ons Afrikaanse taal en kultuur word op moderne maniere bevestig en verleen ruimte vir verdere groei en ontwikkeling van ons herkoms. 

Vaardigheidsontwikkeling 

Vaardighede vanuit 'n wye spektrum word aangeleer en ontwikkel by Die Voortrekkers. 

Gemeenskapsprojekte

Die Voortrekkers is betrokke in plaaslike gemeenskappe en bied ondersteuning deur verskeie projekte aan Suid-Afrikaners. 

Die hart van Wapadrand Voortrekkers is die uitbou van Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbaarheid in die gemeenskap. 

Afrikanerskap
Burgerskap
Christenskap
Diensbaarheid

Die Voortrekkers se Kernwaardes

Wapadrand Voortrekkers is deel van die Oosterlijn Gebied van Die Voortrekkers

Volg ons gerus op sosiale media