Pikkewyne Gesinskamp

Die pikkewyne span was op hulle eerste gesin spankamp. Weesgerus was die ideale plek vir die geleentheid. Daar was geswem en baljaar heeldag lank. 

 Wapadrand was by Vorie-Saamtrek 2024

Die jaar is afgeskop met 17 van ons volwassenes en 13 kinders wat die Vorie-Saamtrek bygewoon het. Dit was HEERLIK en saam met die bykans 300 volwassenes van reg oor Suid Afrika en Namibië, is netwerke gebou, inspirasie gevind, en opleiding ontvang in Bestuur, Spanhantering, Voëlidentifisering, Praktiese Spanaanbieding en selfs Wynproe.

Soos altyd het Wapadrand uitgestaan, en ons was een van die Nagmars wenspanne, asook die tweede plek in die gees trofee. (Volgende Jaar gaan die Seekoeie die prys vat…)

Dankie aan almal wat deel hiervan was!

Naaldekoker en Rooikat Spankamp

Rus, kuier en ontspan voor matriek voluit begin, saam met die Wynkennis spesialisasie!

Afskopkamp

Ons val sommer met die deur in die huis met die Afskopkamp aan die begin van die jaar...

Woelwaterkamp

Die Woelwaterkamp is 'n kampgeleentheid vir ons Junior Voortrekkers en ouers om hulle eerste kamp te beleef. Dis 'n lekker kuier vir jonk en oud.

Kwartaalafsluiting - Stap by Kimiad

Die middag se stap by Kimiad was heerlik, ouers en kinders het dit vreeslik geniet. 

Kenteken Aktiwiteite

Lunsklip Verkennerkamp

Vier Wapadrand Gr 11's voltooi Selfbehoud op Lunsklip Verkennerkamp

Fakkelloop

Fakkelloop is 'n instelling wat ons kernwaardes uitbeeld. Die spanne bring elkeen 'n fakkel en neem deel aan die stap tydens Hemelvaart. 

Panoramatoer

Die Panoramatoer na Mpumalanga - Ons het gereis via die Berg-en-Dal Monument na Sabie, waar ons in ‘n karavaanpark tuisgaan vir die week. Donderdag en Saterdag het ons twee roetes – die Graskoproete wat onder andere God’s Window, die Gorge Lift en ‘n piekniek by die Mac-Mac poele insluit het en die Ohrigstadroete wat onder andere die Skoenmuseum, Eggogrotte en Bourke’s Luck ingesluit het. Vrydag het ons die Nasionale Kruger Wildtuin besoek! Sondag het ons  in Pelgrimsrus spandeer, waar ons ‘n skattejag gedoen het, outydse foto’s geneem, delwerye toe gegaan en al die klein winkeltjies besoek. Oppad terug het ons ook die roofvoël rehabilitasiesentrum in Dullstroom besoek ! 

Nasionale Gedenkwaardighede

Wildehonde en Hasies doen Nasionale Gedenkwaardighede en besoek die Krugerhuis en -kerk, Pioniersmuseum, Melrosehuis en Sammy Marks museum

Verkennerkuier

Die Verkenner Kommandojeugleiers reël 'n Vellie Vastrap, waar Verkenners heerlik saamkuier, braaibroodjies maak, veerpyltjies speel en die vloer warm dans.

Kommandokamp

Die kuier-kommandokamp was ‘n heerlike bederf om ‘n besige jaar speel-speel af te sluit. Die kamp is gekenmerk deur ‘n skeerroomgeveg, water-pret en lekkerste kos ooit. Daar was nie `n oomblik vir stilsit nie – dit was pret en plesier om elke hoek en draai!

Wapadrand Voortrekkers is deel van die Oosterlijn Gebied van Die Voortrekkers

Volg ons gerus op sosiale media