Wapadrand Voortrekkers nou ook op Instagram

 

Volg ons gerus op Instagram

 

Wapadrand Voortrekker kry 'n nuwe Wapen

Wapadrand Voortrekkers is gestig in 1978 ( dieselfde jaar wat Laerskool Constantiapark gestig is)

 Die naam Wapadrand is geïnspireer deur die wapad wat deur die Bronberg randjies van die ooste van Pretoria tussen Johannesburg en Pelgrimsrus tydens die goudstormloop as hoofpad gedien het. 

Simboliek en betkenis

Pad - teken van toekomsgerigtheid

 “In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.”

Filipense 3:16

 Oranje - verteenwoordig ons Penkoppe en Drawwertjies

Heuwels - teken van God se insluitende genade

 "soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd"

Psalm 125:2

Groen - verteenwoordig ons Verkenners

Wawiel (voorwiel van kakebeenwa met 10 speke) - teken van vooruitgang

 "omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons elke dag kan leef en rondbeweeg."

Handelinge 17:28(a)

 Blou - verteenwoordig ons Staatmakers

Twee rooi sirkels - teken van veilige omgewing en ontwikkeling

"Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op die pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan."

Deuteronomium 11:19

 Rooi - verteenwoordig ons Offisiere en volwasse lede

Jeugraad 2023/2024 - Oosterlijn Voortrekkers

Oosterlijn Voortrekkers wys met trots Sebastiaan Spiwak (Wapadrand Voortrekkers) en Clarissa Du Plessis (Hoedspruit Voortrekkers)  aan as Gebiedsjeugleiers vir 2023/2024.

Wapadrand Voortrekkers is deel van die Oosterlijn Gebied van Die Voortrekkers

Volg ons gerus op sosiale media